{"product_id":"9780799399981","title":"Voor 'n oop deur","description":"\u003cp\u003eLos jy werklik jou probleme agter wanneer jy die deur daarop sluit?\nMarguerite Rossouw, of Magriet, soos almal haar noem, vlug na Sedgefield om beheer oor haar eie lewe te kry. Sy het lanklaas gevoel of sy haar eie toekoms bepaal: Haar pa het vir haar miljoene rande gelos en haar man is ’n beheervraat. Sy gebruik die naam Melissa en vind vrede in dié kusdorpie. Hier ontmoet sy Aaron Dorfling, ’n aantreklike vreemdeling wat vir haar blyplek aanbied nadat ’n ongeluk haar van haar geheue beroof. Wanneer sy uiteindelik haar geheue herwin, besluit sy om haar identiteit ’n geheim te hou en steeds die naam Nina, soos die verpleegsters haar in die hospitaal gedoop het, te gebruik. Sy besef ook dat sy vir Aaron lief geword het, maar haar ou lewe saam met Paul dreig om haar nuutgevonde geluk saam met Aaron te verwoes.\nRomanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills \u0026amp; Boon en Harlequinromanses. Voor ŉ oop deur is Frieda van der Westhuizen se jongste romanse. Haar vorige romanses\nin die Romanza-reeks sluit die volgende in:\n- Derde keer gelukkig (Junie 2014),\n- Haar trouman (Januarie 2015),\n- Bosveldroos (Desember 2015), en\n- Liefde ruik soos katjiepiering (Junie 2019).\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Frieda+van+der+Westhuizen\" class=\"contributor-link\"\u003eFrieda van der Westhuizen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Frieda van der Westhuizen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377485725859,"sku":"9780799399981","price":100.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780799399981_35e3cfd2-fb9a-40d3-8d91-8f2137f9b581.jpg?v=1776515721","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780799399981","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}