{"product_id":"9780928316254","title":"Italiaanse Intermezzi","description":"\u003cp\u003eAndre Pretorius is verlei deur Italië toe 'n Romeinse meisie hom in 1992 op 'n warrelwindtoer deur Rome geneem het. Vier jaar later het hy die land deurkruis met 'n universiteitsvriend, 'n rugsak en 'n tweemantent. Sedertien het hy teruggekeer op die spore van komponiste, kunstenaars en selfs Afrikaanse digters. In Italiaanse intermezzi bring hy die leser van aangesig tot aangesig met die vele gedaantes van hierdie land vol skoonheid en teenstrydigheid. Hy swig voor die wondere van die menslike gees in Rome en Venesie, maar hy verdwaal ook langs die agterpaadjies van Sicilie en die Abruzzi. Hy proe smake - balsemiek, Parmaham - uit die hande van die wat hierdie sakramente van lewe vir hulleself gemaak het. Hy bejeen heiliges en pouse eers met verwarring en dan met ontsag vir hul heerskappy van die Italiaanse wese. Oor die jare verander sy reisgenote - van daardie universiteitsvriend tot sy verloofde en uiteindelik sy kleuterseuntjie - en elke keer is sy blik anders. Uiteindelik staan hy saam met die leser verwonder oor 'n aangrypende land met dikwels verrassende eggo's van sy eie Afrikaanse wortels.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Andr%C3%A9+Pretorius\" class=\"contributor-link\"\u003eAndré Pretorius\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"André Pretorius","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375828254883,"sku":"9780928316254","price":225.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780928316254_44792b52-f38b-4383-8863-a50543b1c1dc.jpg?v=1776516909","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780928316254","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}