{"product_id":"9780928316261","title":"Sakkie Marais: Legende van 1 Valskerm Bataljon (Rooiplaas)","description":"\u003cp\u003eDie lewendige lewensverhaal van 'n lewende legende: RSM Sakkie van Rooiplaas. Sy naam is sinoniem met veral 1 Valskermbataljon. Hier is 'n vertelling wat die kamoefleernet lig oor 'n era in Suid Afrika se onstuimige geskiedenis, met eie reels, oorwinnaars en wettige teikens - en soms slagoffers wat in die kruisvuur beland. Lesers leer nie net vir Sakkie ken soos min troepe tevore kon nie. Hulle kry tegelyk 'n deeglike kyk agter die skerms van weermagopleiding uit 'n tydperk wat tans weer sterk \"op parade\" gekom het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSakkie Marais (kmdt):  Izak Marais is gebore op 20 Julie 1948. Hy voltooi sy skoolloopbaan in 1965 aan Florida Hoërskool. In 1966 (voor die Nasionale DiensplIgstelsel) is hy na Leër Gimnasium (Pretoria, Voortrekkerhoogte). Daarna sluit hy by die staandemag aan. Die kern van sy loopbaan was by 1 Valskermbataljon (Bloemfontein) waar hy uiteindelik RSM (Regimentsammajoor) geword het. Daarna het hy hom by die Offisierskorps aangesluit tot en met 1994 waar hy as Operasionele Offisier tot die rang van kommandant gevorder het. Die begin van Suid-Afrika se demokrasie was die einde van sy weermagloopbaan. Die daaropvolgende 22 jaar het hy sy deskundigheidÂ- en uitgebreide militêre ondervinding in die buiteland gebruik vir 'n voortgesette, aksiebelaaide professionele loopbaan - nommerpas vir 'n hoogsopgeleide soldaat-avonturier wat nooit 'n pen pusher kon wees nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Renier+du+Toit\" class=\"contributor-link\"\u003eRenier du Toit\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Renier du Toit","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375634235555,"sku":"9780928316261","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780928316261_dfdda395-51e4-45c5-b426-c9f0fe4c9a2c.jpg?v=1776516913","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780928316261","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}