{"product_id":"9780928316346","title":"Kroniek van Donkerhoek","description":"\u003cp\u003eOp sy plaas Donkerhoek in Mpumalanga boer Jaap Vorster suksesvol met sy boomplantasies en vee. Sy geborgenheid word egter wreed versteur wanneer sy seun Pieter ‘n kind verwek by hul swart huiswerkster en dan boonop met haar trou. Hy is nou die skoonpa van sy jarelange swart plaasvoorman. Wanneer Jaap sterf, erf Pieter nie net die plaas nie, maar ook eskalerende probleme: grondeise, skuldigbevinding aan die moord op sy swart swaer, die wantroue van sy vrou en kinders. Hy word ‘n voortvlugtende voor die gereg en probeer op ‘n onbeholpe manier sy gesin weer bymekaar kry.  Die dilemma waarin blanke boere in Suid-Afrika hulle bevind sedert die oorgang van apartheid na demokrasie, word sonder oordeel beskryf. So ook dié van die swart erfgename van grond en verantwoordelikheid waarvoor hulle nie opleiding of voldoende hulp ontvang nie. Die bekende oud-regter en bosbouer se eerste roman spreek van sy deeglike ervaring.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Kees+van+Dijkhorst\" class=\"contributor-link\"\u003eKees van Dijkhorst\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Kees van Dijkhorst","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375634268323,"sku":"9780928316346","price":226.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780928316346_601e44b2-631d-4796-b8e1-7d838dc7cae0.jpg?v=1776516917","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780928316346","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}