{"product_id":"9780928316445","title":"In 'n oomblik","description":"\u003cp\u003eIn 'n oomblik toon die hand van 'n ervare digter wie se poëtika reeds gevestig is in terme van temas en tegnieke.\u003cbr\u003eDie digbundel verteenwoordig 'n voortsetting van dié aspekte van Cas Vos se digkuns waarvoor hy reeds lof verdien het. Op tegniese vlak is daar veral sy baie effektiewe gebruik van 'n onpretensieuse toon wat dikwels sonderlinge poëtiese vondste oplewer. 'n Voorbeeld hiervan is die nuutskepping (die slinkshandige). Tegniese vernuwing vind ook plaas deur die aanwending van die epiese gedig en die tersine.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie intertekstuele gesprek met Homeros en Dante as reismotief om 'n langdurige ongeluk en operasie poëties te verwoord, is nuut in die Afrikaanse digkuns. Tydens die reis kom daar fel en verskillende emosies en ervaringe na vore. Dit word alles met die leser gedeel.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Cas+Vos\" class=\"contributor-link\"\u003eCas Vos\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Cas Vos","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375558377635,"sku":"9780928316445","price":175.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780928316445_c3c0cd84-884b-4c5b-af3a-ab6a7f44eb50.jpg?v=1776516954","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780928316445","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}