{"product_id":"9780928316858","title":"Die Goddelike Komedie","description":"\u003cp\u003eDante Alighieri se Divina Commedia is een van die skerpsinnigste en oorspronklikste werke wat ooit die lig gesien het. Met sy Divina Commedia beoog Dante om die boosheid van die mens aan die kaak te stel en roep hy die mens op om saam te werk aan die skepping van ’n beter samelewing van vrede en orde onder leiding van ’n goeie keiser en pous.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDante het ’n ingewikkelde rym­skema, die terza rima met die ketting­ryme aba bcb cdc gebruik. In hierdie bundel het Cas Vos dele uit Dante se Inferno en Paradiso vertaal. Die Purgatorio is sy eie skepping. Sy tersines is in ’n aba cdc efe rympatroon vertaal. Die aantal lettergrepe van elke tersine\u003cbr\u003eis konsekwent: 12-11-12.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDante se lang reis kan tematies verbind verbind word met Israel se uittogverhaal. Dit begin met die slawerny in Egipte (die Hel, Inferno), die woestyntog (Purgatorio) en die intog in die Beloofde Land agter die horison (Paradiso). Hierdie tematiese patroon word ook in dvie bundel gevolg.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVir Dante is Florence geografies en metafories die oorsprong van chaos en verbrokkeling. Dáár het mense in die knelgreep van kerklike, politieke en sosiale magte geleef en gesterf.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDrie van Cas Vos se gedigte voltooi die bundel. In ons tyd is die stad Aleppo in Sirië met vernietigende wapens in puin gelê. Vir Vos is Aleppo nou die geografiese en metaforiese plek van chaosmagte. Soos ’n wit roos skitter daar egter ook strale van hoop.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Cas+Vos\" class=\"contributor-link\"\u003eCas Vos\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Dant%C3%A9+Alighieri\" class=\"contributor-link\"\u003eDanté Alighieri\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Cas Vos,Danté Alighieri","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375689547939,"sku":"9780928316858","price":175.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780928316858_d70bc90e-695d-4d53-b95a-cc15672cadc9.jpg?v=1776517031","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780928316858","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}