{"product_id":"9780928316902","title":"Geloof alleen - Reise deur die kerkhervormings","description":"\u003cp\u003eAs 'n Afrikaanse kerkmens uit Afrika moes wens vir 'n boek wat saamval met die 500-jaarviering van die Reformasie, sou 'n mens kwalik kon wens vir 'n meer fassinerende boek as dié. In Geloof alleen neem André Pretorius sy leser op 'n pelgrimstog na 'n verskeidenheid plekke waar sleutelgebeure van die Reformasie afgespeel het of waar dié geskiedenis spore gelaat het. Hy neem jou na daardie gebeure toe en dan weer terug na die hede en die neerslag daarvan. Uiteindelik neem hy sy leser na 'n dieper verstaan van die Kerkhervorming van 500 jaar gelede, en daarmee saam na 'n dieper verstaan van onsself. Wat sou 'n mens meer kon vra?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e- Neels Jackson (Redakteur: Kerkbode)\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHamerslae teen 'n Duitse kerkdeur. Vyf eeue later weergalm hulle steeds van waar Martin Luther sy rebellie teen die Kerk begin het. Van hierdie kerkdeur loop die spore van Kerkhervorming deur aangrypende landskappe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie reisskrywer, André Pretorius, gaan loop daardie voetval na en hoor die eggo's in ons tyd. Hy volg Luther waar sy weg kruis met dié van Calvyn. Hy reis na plekke waar geloof geformuleer is op 'n manier wat steeds ons wêreld vorm.  Die spore lei hom van Europa na Indië en Amerika waarheen Katolieke sendelinge en Calvinistiese Puriteine uitgewaaier het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar ook deur sy eie familiegeskiedenis na Suid-Afrika, van middagete op die Duitse plaas waar die Pretoriusse vandaan is tot sy NG-kinderjare op die Afri­kaanse platteland.  Onderweg kom hy geloof teë, en geweld.  Skoonheid vind hy in die kunstenaars van die Hervorming - Rembrandt en Bach en die Bybelvertalers.  Maar ook die geskonde erflating van konflik en ikonoklasme.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOp sy reise eet, drink en gaan hy kerk toe waar die moderne wêreld baie lank gelede beslag gekry het.  Dit is 'n meesleurende reis deur 'n wêreld wat beide oud en eietyds is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Andre+Pretorius\" class=\"contributor-link\"\u003eAndre Pretorius\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Andre Pretorius","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375689875619,"sku":"9780928316902","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780928316902_7dde05ea-7f52-42a8-ba1c-e3249bc7fe4b.jpg?v=1776517043","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780928316902","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}