{"product_id":"9780949976994","title":"Poort 2025","description":"\u003cp\u003e'Die kreatiewe skryfwerk (poësie, prosa en drama) wat in hierdie bundel opgeneem is, is 'n keur uit die bydraes wat senior hoërskool- leerders vir die POORT-kompetisie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ingeskryf het. Soos in die verlede, het dié kompetisie vanjaar weer inskrywings van dwarsoor Suid-Afrika én Namibië getrek. Veral verblydend is die groeiende getal inskrywings deur leerders wat nie Afrikaans as huistaal praat nie.\u003cbr\u003eMet die POORT-kompetisie, wat reeds in 1971 ingestel is, probeer die Letterkundekommissie van die SAAWK hoërskoolleerders aanmoedig om hul vaardighede as kreatiewe skrywers te slyp deur hul skryfwerk vir beoordeling aan kenners voor te lê. Daardeur hoop die Letterkundekommissie om 'n bydrae te lewer tot die ontwikkeling van nuwe skryftalent in Afrikaans.\u003cbr\u003eIn die lig van die Afrikaans Amptelik 100-inisiatief, maar ook die heelwat ouer komvandaan van Afrikaans, is leerders vanjaar aan- gemoedig om te skryf oor 'n tema wat 'n bydrae tot Afrikaans se amptelike eeufeesviering lewer. Hoeveel vreugde hierdie mylpaal kán verskaf, blyk byvoorbeeld uit die entoesiastiese bydrae 'Afrikaans maak ons plesierig' deur Stefan Strydom van Hoërskool Sasolburg.\u003cbr\u003eVanjaar was die beoordelaars wéér kundige vakmense: prof. Marius Crous (Nelson Mandela Universiteit) en me. Courtneigh Ess (Universiteit van Wes-Kaapland) het die poësie beoordeel, en me. Teneal Apollis (Universiteit van Pretoria) en prof. Thys Human (Noordwes-Universiteit) die prosa\/drama.\u003cbr\u003eDie wenner van die poësieafdeling is Juan Loubser van die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria, vir sy gedig 'Reën”, waarin hy 'n verrassend nuwe blik op 'n oënskynlik bekende verskynsel bied.\u003cbr\u003eDie wenner van die prosa\/drama-afdeling is Tomas du Preez van HomeLife Academy (tuisskool) vir sy drama 'Val', waarin die magies- realistiese gegewens op verbeeldingryke, maar ook uiters oortui- gende, wyse dramaties vorm kry.\u003cbr\u003eAs deel van die POORT-kompetisie lê hoërskoolleerders ook ontwerpe voor vir die voorblad van die POORT-bundel. Vanjaar pryk die treffende wenontwerp deur Janien Muller van Langenhoven Akademie, Oudtshoorn, op die voorblad.'\u003cbr\u003eProf. Thys Human\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Poort\" class=\"contributor-link\"\u003ePoort\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Poort,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47739721580707,"sku":"9780949976994","price":120.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9780949976994_88f10bae-9120-4bef-9da8-78a742207b82.jpg?v=1780638995","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780949976994","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}