{"product_id":"9780949977076","title":"Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar","description":"\u003cp\u003eChristo van Rensburg word wyd geag as een van die belangrikste rolspelers in die eietydse Afrikaanse taalkunde. Sy jare lange navorsing het gelei tot 'n herwaardering van inheemse sprekers se aandeel in die ontstaan van Afrikaans op Afrikabodem. Hy het oortuigend die invloed aangetoon van die sg. historiese variēteite soos Khoi-Afrikaans in die wording van Afrikaans en so bygedra tot die dekolonialisering daarvan.\u003cbr\u003eTen tye van Van Rensburg se oorlye in 2018 was 'n manuskrip, wat hy in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oor die geskiedenis van die Taalkommissie geskryf het, bykans afgerond. Hy was vir 1 2 jaar self lid van die Taalkommissie wat hom in staat gestel het om gesaghebbend vanuit 'n binnekring perspektief oor die verskillende normering benaderings en -aktiwiteite sedert 1914 ten behoewe van Afrikaans te kon skryf.\u003cbr\u003eDie SA Akademie stel graag hierdie omvattende studie oor die normering geskiedenis van een van die jongste tale uit Afrika en die besondere rol van sy Taalkommissie, soos vergestalt in opeenvolgende uitgawes van die Afrikaanse woordelys en spelreëls, aan 'n wyer lezersgroep beskikbaar.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+M.+C.+J.+Van+Rensburg\" class=\"contributor-link\"\u003eM. C. J. Van Rensburg\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SAAWK\" class=\"contributor-link\"\u003eSAAWK\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"M. C. J. Van Rensburg,SAAWK","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382929768611,"sku":"9780949977076","price":385.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780949977076_5a846f16-a7f4-4f95-bb29-7006322fcb41.jpg?v=1776517150","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780949977076","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}