{"product_id":"9780992200350","title":"Loop en val - 366 Dagstukke","description":"\u003cp\u003eGeloof word dikwels voorgestel as ŉ reis. Ons is op pad met Jesus Christus. Hy is die pad en Hy staan by die begin en by die eindbestemming. Ons is ook op pad saam met mede-christene. Ons reis ook saam met mense van geen geloof of ander geloofsoortuigings. Ons moet dikwels ons weg vind as dinge moeilik en deurmekaar lyk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie GPS van ons geloofsreis is die Bybel. In sy derde bundel, SAAMLOOP, het Gerjo Ben die vier evangelies laat praat in die taal en idioom van vandag. Dit het baie mense gehelp om die goeie nuus weer te “hoor”. Gerjo Ben het ŉ wonderlike gawe van die Heilige Gees om in alledaagse Afrikaans met ons te praat.   \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNou neem hy ons ŉ stappie verder op reis deur die boeke van die Nuwe Testament. Hy fokus op van broer Paulus se briewe.  Gerjo Ben weet - soos elke christen - dat ons dikwels maar met val en opstaan vorentoe gaan. Paulus het dit ook geken toe hy skryf dat hy graag goeie dinge wil doen, maar homself betrap dat hy slegte dinge doen.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDaarom is die grond van geloof nie ons godsdienstige prestasies nie. Dis genade om elke keer weer opgetel te word deur Jesus, die Een wat so dom lyk vir die slimgeit van die wêreld.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVandaar die titel van hierdie bundel: LOOP EN VAL. Dis min dat ons grasieus lyk in ons geloofreis. Ons lyk meer soos dronkaards as ballerinas.  \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAs iemand wil spog, moet hy en sy in Christus spog.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eProf. Piet Naudé \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e(Direkteur: Universiteit Stellenbosch Bestuurskool en man van God wat meer opstaan as val.)\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Gerjo+Ben+van+der+Merwe\" class=\"contributor-link\"\u003eGerjo Ben van der Merwe\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Gerjo Ben van der Merwe","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382525116579,"sku":"9780992200350","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9780992200350_03a7a858-e7b2-48f6-abfb-658ebeac1266.jpg?v=1776517535","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9780992200350","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}