{"product_id":"9781037009327","title":"Die laaste dae","description":"\u003cp\u003eElke dag van my lewe loop ek hier op hierdie grond met my kaal voete. Ek loop oor grasse en plate groen kruieplantjies waar daar goeie weiding is vir my bokke. En smiddae as die son brandhoog sit en ons is op 'n lekker plek, dan loop rus ek vir ''n kort siësta in 'n kol koel skarrewee onder 'n eik of 'n wildevy. Dan ruik ek die see en die kruie wat warm kry van die son: roosmaryn, vinkel, kruisement. My kop is dan naby die aarde en sy praat met my. Die laaste tyd is sy omgekrap. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie eenvoudige bokwagter besef dat Vesuvius weer gaan uitbars. Die ander mense van Pompeii en Herculaneum leef in ontkenning totdat die onvermydelike katastrofe op 24 Oktober 79 n.C. plaasvind. In hierdie roman gee Marié Heese 'n lewensgetroue beeld van daardie laaste dae deur die inwoners van dié twee stede self aan die woord te stel. Die leser word meegesleur deur die verskillende verhaallyne wat al hoe spannender raak soos wat die dreiging toeneem.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Mari%C3%A9+Heese\" class=\"contributor-link\"\u003eMarié Heese\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Marié Heese","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382569124003,"sku":"9781037009327","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781037009327_a82492ff-6b5f-474e-a3ad-e0979fb48aaa.jpg?v=1776518974","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781037009327","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}