{"product_id":"9781037024160","title":"Lig en skadu in die paradys","description":"\u003cp\u003eLig en skadu in die paradys is 'n bundeling van Cornelia de Kock se rubrieke wat sy vir Netwerk24 geskryf het. Hierdie rubrieke is almal grepe uit die lewe: 'n kortstondige ervaring, gebruike wat van kindsbeen af deel is van haar grein, musiekstukke wat onthoustukke word, onverwagse ontmoetings wat tot vriendskappe lei … Een van die belangrikste eienskappe van 'n goeie rubriekskrywer is 'n skerp waarnemingsvermoë. Sy wys dit vir ons in haar (soms humoristiese) vertellings omtrent ouerskap, kind wees, die ervaring van vreugde en verlies. Kortom, dit wat van ons mense maak. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE SKRYWER\u003cbr\u003eCornelia de Kock is 'n gebore en getoë Vrystater. Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy 'n doktorsgraad in Kultuurgeskiedenis verwerf. Sy hou skool op Stellenbosch en doseer aan die Opvoedkunde-fakulteit. As 'n nooi Spies het sy getrou met Johan de Kock, 'n soöloog, wat in 2024 oorlede is. Hulle het drie kinders: Johan, Corlie en Annemarie, en drie kleinkinders.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Cornelia+de+Kock\" class=\"contributor-link\"\u003eCornelia de Kock\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Cornelia de Kock","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382569975971,"sku":"9781037024160","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781037024160_2467c439-0522-48de-9980-267d0ef64352.jpg?v=1776519012","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781037024160","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}