{"product_id":"9781037031878","title":"Waar die Leeu nog Brul","description":"\u003cp\u003eWaar die Leeu Nog Brul bring hulde aan Suid-Afrika se uniekheid en buitengewone prestasies. Dit neem die leser op 'n reis deur die land se geskiedenis, van die eerste vestiging aan die Kaap tot die tyd toe Suid-Afrika as 'n industriële reus wêreldwye erkenning ontvang het vir sy wetenskaplike, kulturele en militêre bydraes.\u003cbr\u003eHierdie boek vertel die verhaal van 'n volk wat 'n volkseie staat uit die grond opgebou het: van pioniers wat in 'n ongenaakbare landskap moes oorleef, tot ingenieurs en wetenskaplikes wat, ten spyte van boikotte en internasionale druk, werk van wêreldgehalte gelewer het. Teen alle verwagtinge het hierdie volk 'n eie kultuur, identiteit en vooruitstrewende ekonomie gesmee, met prestasies wat strek van gevorderde kernnavorsing en lugvaartontwikkeling tot selfonderhoudende nywerhede soos Sasol en Yskor.\u003cbr\u003eTerselfdertyd is dit 'n sober herinnering aan wat verlore gegaan het: 'n land met ongekende potensiaal wat deur korrupsie en wanbestuur verwoes is. Waar die Leeu Nog Brul is nie net 'n huldeblyk aan 'n volk wat deur geloof en deursettingsvermoë hierdie land opgebou het nie, maar ook 'n waarskuwing - oor wat gebeur wanneer 'n volk sy erfenis prysgee.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Adriaan++Snyman\" class=\"contributor-link\"\u003eAdriaan  Snyman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Gustav+Snyman\" class=\"contributor-link\"\u003eGustav Snyman\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Adriaan Snyman,Gustav Snyman","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382918725795,"sku":"9781037031878","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781037031878_cf187205-cc0b-42c9-bfca-00d4b5eb88b4.jpg?v=1776519055","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781037031878","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}