{"product_id":"9781037042133","title":"Kategismus","description":"\u003cp\u003eTesourus\u003cbr\u003ebegin by die lemma heelal\u003cbr\u003elys alle semanties verwante\u003cbr\u003ewoorde en eindig by mikrosel\u003cbr\u003edaar het jy dan die samehang\u003cbr\u003een sin waarna matematici\u003cbr\u003een filosowe al so lank verlang\u003cbr\u003ewant wat jy kwalik meer kan tel\u003cbr\u003eword kosmies en sekuur in\u003cbr\u003edie spinnerak van taal vasgevang\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e'n Kategismus is die samevatting van 'n godsdiens se leerstellinge wat in die vorm van vrae en antwoorde aangegebied word. Die Heidelbergse Kategismus van 1563 is een van die belydenisskrifte van die Protestantse Christendom. Die eerste vraag lui soos volg: Wat is jou enigste troos in die lewe en in sterwe? Die antwoord is: Jesus Christus, die Woord van God wat vlees geword het op die aarde. In sy digbundel met die titel Kategismus probeer Daniel Hugo dié vraag op sý manier beantwoord. Wat die lewe vir hom draaglik maak en troos verskaf, is die digkuns - die woord met 'n kleinletter. In sy gedigte besing hy aardse dinge: die liefde, die natuur en die werk van ander digters wat die lewe vir hom sinvol maak. Hy doen dit met sy kenmerkende woordpresisie en tegniese vakmanskap.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Daniel+Hugo\" class=\"contributor-link\"\u003eDaniel Hugo\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Daniel Hugo","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382676668579,"sku":"9781037042133","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781037042133_9a4574d4-7b4d-431e-80c6-665a5707cfbc.jpg?v=1776519081","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781037042133","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}