{"product_id":"9781037045783","title":"Opgee Se Gat!","description":"\u003cp\u003eAlmal van ons het al laagtepunte beleef, daar waar dit voel asof jou bodem uitgeval en of die enigste wiele wat jy gehad het, totaal afgekom het. Suid. Ongelukkig het ons nie ‘n ander keuse as om alles bymekaar te maak en aan te gaan nie. Die lewe wag vir niemand nie.\u003cbr\u003eDie doel van Opgee se Gat is om jou te help om op te staan en aan te gaan, en om nooit op te hou opstaan nie – ons is nie gemaak om te bly lê nie, ongeag hoe hard die klap is wat die lewe jou gegee het. Die fokus is op hoe om “opgee bestand” te word – wat is dit wat ons in plek moet hê om seker te maak dat ons nooit gaan lê nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie gesprek begin by die huidige wêreld van werk, dit help jou om te verstaan waar jy tans is, beweeg aan na navigering deur moeilike tye, en lei jou deur die Oorlewing en Groei Piramiede, asook die Oorlewing en Groei Trio.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBeide hierdie is gefokus om jou toe te rus met die vaardighede, eienskappe en houdings wat noodsaaklik is om opgee bestand te wees – om nie net te oorleef in moeilike tye nie, maar ook om te floreer.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNiemand van ons is immuun teen moeilike tye en teëspoed nie – die vraag is of jy voorbereid is om dit te hanteer. Opgee se Gat neem jou op ‘n reis om elke dag meer opgee bestand te word, op ‘n baie praktiese manier. Jare se praktiese afrigting word hier geboekstaaf sodat jy self die reis kan aanpak. Niemand kom jou red nie – dit is jou eie verantwoordelikheid!\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johan+Coetzee\" class=\"contributor-link\"\u003eJohan Coetzee\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johan Coetzee","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382657073315,"sku":"9781037045783","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781037045783_a00cefeb-d5e8-41d6-aeb1-4392d8f8bd34.jpg?v=1776519094","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781037045783","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}