{"product_id":"9781037078200","title":"Die tyd van Verwoerd 1901 - 1960","description":"\u003cp\u003eDie tyd van Verwoerd (1901-1960) is nie geskryf om Apartheid en dr. Hendrik Verwoerd se doen en late te regverdig of te veroordeel nie, maar 'n eerlike poging om dit te beskryf soos dit was en dit in konteks te plaas.\u003cbr\u003eLJ Bothma - onafhanklike skrywer en navorser - wat bekendheid verwerf het met boeke soos  Die Buffel Struikel, Rebelspoor en Vang 'n Boer, werk deeglik en draai nie doekies om nie. Hy gaan haal die storie by Jan van Riebeeck en trek die lyne deur tot by die opspraakwekkende 1948-verkiesing toe die ikoniese Jan Smuts in Standerton verslaan is. Bothma plaas die leser terug in tyd. Dan werk hy stap vir stap, jaar vir jaar en later selfs dag vir dag vorentoe, soos die Nasionale Party en sy leiers met Verwoerd al prominenter, meedoënloos voortstroom na die doelwit - 'n blanke republiek.\u003cbr\u003e'n Historiese proses word beskryf wat soos 'n skaakspel verloop.  Twee uiteenlopende ideale wat nie saam onder een dak kan bestaan nie skuur vinniger teen mekaar.  Die wind van verandering waai al sterker totdat die kortsluiting op 21 Maart 1960 kom, by Sharpeville.\u003cbr\u003eVerwoerd staan soos 'n blok graniet;  en word dan self die teiken...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+LJ+Bothma\" class=\"contributor-link\"\u003eLJ Bothma\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"LJ Bothma","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382925705379,"sku":"9781037078200","price":495.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781037078200_43ea243d-4b63-4c2c-9d0c-4f046180747b.jpg?v=1776519140","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781037078200","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}