{"product_id":"9781037089596","title":"Poëme","description":"\u003cp\u003eKommer\u003cbr\u003eOm 'n wyle te skuil\u003cbr\u003ein 'n hokaai\u003cbr\u003ein die buig van 'n komma\u003cbr\u003ete hoor hoe tier dit\u003cbr\u003ein vokale\u003cbr\u003ekraak konsonante\u003cbr\u003een dan tog nog\u003cbr\u003eonverskrokke tot die punt te kom.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eStandaardtaal\u003cbr\u003eEensaam die digter\u003cbr\u003estuiptrekkend\u003cbr\u003eaan sy eie stamboom\u003cbr\u003eopgehang.\u003cbr\u003eOOR DIE DIGTER\u003cbr\u003eWium van Zyl is 'n boorling van Doornkraal in die Duiwenhoksvallei. Sy jeugkontrei lê teen die Langeberge met Grootvadersbos en Boosmansbos aan die bo-lope van die rivier wat deur alles vloei. Hiervandaan brei hy sy wêreld langsaam uit na Heidelberg, Witsand, die Strandveld en tot van die mees afgeleë dele van Suid-Afrika en Namibië, die Lae Lande, die res van Wes- en Oos-Europa, verskillende streke in Afrika, Indonesië. Sy eerste bundel, Oggendvuur, verskyn in 1991. Van sy poësie is opgeneem in Groot Verseboek en verskeie ander bloemlesings, ook in die Nederlande.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Wium+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eWium van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Wium van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47379716505763,"sku":"9781037089596","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781037089596_d235749f-fc9f-4212-94d4-b56bf1dfae11.jpg?v=1776803969","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781037089596","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}