{"product_id":"9781037090691","title":"Die langste jaar","description":"\u003cp\u003eOp die oog af beskryf Muller Minnaar die saai bestaan van ’n staatsamptenaar, op soek na sin en die liefde. Sy skerp waarnemingsvermoë maak van sy buitestanderskap ’n deug. Die leser sien en voel saam met hom. Die digter verhef middelmatigheid tot poëtiese suiwerheid en meerwaarde.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003ehy klim van die bus af\u003cbr\u003estap bult-op na sy kamer\u003cbr\u003ein die agterplaas van iemand se huis\u003cbr\u003ehy sluit sy kamer oop\u003cbr\u003esit die rekenaar aan op my musiek\u003cbr\u003eluister na iemand uit amerika\u003cbr\u003ewat sing oor verlore wees\u003cbr\u003ehy sit kos op die stoof\u003cbr\u003ehy bad eet skeer\u003cbr\u003etrek ’n nuwe jean aan\u003cbr\u003estap stadig na die hotel om die hoek \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOor Muller Minnaar\u003cbr\u003eMuller Minnaar (1967) is gebore in Kimberley, maar het grootgeword in Sishen – ’n myndorpie in die Noord-Kaap. Hy matrikuleer aan Sishen Hoërskool, gaan studeer by die UOVS, maar verwerf nie ’n graad nie. Daarna sluit hy permanent by die weermag aan en werk vir agtien jaar in Potchefstroom en Pretoria. In 2022 AWOL hy en is tans nog op vrye voet. Hy woon nou in Bloemfontein waar hy groente plant en bier drink.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Muller+Minnaar\" class=\"contributor-link\"\u003eMuller Minnaar\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Muller Minnaar","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47676523348131,"sku":"9781037090691","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781037090691_a16809db-a5d3-47fc-92b1-c4aa91be05b3.jpg?v=1778974133","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781037090691","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}