{"product_id":"9781037094736","title":"Liewe Ma ... briewe uit my weermagdae","description":"\u003cp\u003eLiewe Ma … is die briefwisseling tussen die skrywer en sy ma, Coby, in die jaar 1974 toe Pierre 'n dienspligtige in die Suid-Afrikaanse Weermag was. Coby spreek haar kommer oor haar seun se welstand uit, vertel hom van gebeure in hul tuisdorp, die Paarl, en hy vertel haar van sy lewe as jong soldaat en sy verlange huis toe. \u003cbr\u003eDekades lank het ma en seun hierdie kosbare briewe afsonderlik in skoendose bewaar - onwetend van mekaar. Dis eers toe Coby se boksie ná haar dood in 1999 ontdek is, dat Pierre hul briewe in volgorde kon rangskik om die verhaal van een jaar in hul lewe chronologies te vertel. Dié boek is egter meer as net 'n vertelling van die gesin Louw se wel en wee ... dit neem lesers terug na 'n byna vergete tyd in ons samelewing en landsgeskiedenis, toe seuns binne maande mans moes word. Die publikasie van hierdie onthouboek het saamgeval met wat vanjaar Coby se 100ste verjaardag sou wees.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Pierre+Louw\" class=\"contributor-link\"\u003ePierre Louw\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Pierre Louw","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47380094910627,"sku":"9781037094736","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781037094736_aed91cc2-513f-44db-93da-2e6ce1363b79.jpg?v=1776803972","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781037094736","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}