{"product_id":"9781048303742","title":"Kalahari aktiwiteite en joernaal","description":"\u003cp\u003eKalahari Avontuur is ’n opwindende aktiwiteitsboek en natuurjoernaal vir kinders, uit die pen van die geliefde kinderboekskrywer Liza M. Roux. Die boek is propvol tjeklyste, interessante feite en prettige aktiwiteite om ’n Kalahari-wegbreek in ’n onvergeetlike avontuur te verander. Meer as 200 spesies – van soogdiere en voëls tot reptiele, amfibieë, plante en goggas – word ingesluit en pragtig geïllustreer deur die talentvolle Ammie Miske.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDit is terselfdertyd ’n praktiese gids en natuurjoernaal waarin kinders hul waarnemings kan aanteken. ’n Dubbelbladkaart bied ruimte om spesiale waarnemings te merk, terwyl ’n prettige skattejag nuuskierigheid prikkel en verkenning aanmoedig. Inkleurprente sorg vir ekstra vermaak rondom die kampvuur, en die ruim joernaalafdeling bied plek om vakansieherinneringe, tekeninge en kreatiewe idees vas te lê. Kalahari Avontuur is ’n boek vir die hele gesin – perfek vir jong én ouer kinders wat daarvan hou om die natuur te ontdek, te leer en hul eie avonture te dokumenteer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Liza+M+Roux\" class=\"contributor-link\"\u003eLiza M Roux\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Ammie+Miske\" class=\"contributor-link\"\u003eAmmie Miske\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Liza M Roux","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47990562128035,"sku":"9781048303742","price":150.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781048303742.jpg?v=1786873367","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781048303742","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}