{"product_id":"9781049201290","title":"`n Oomblik In Die Woord (Afrikaans 1953 Vertaling)","description":"\u003cp\u003eDie 'n Oomblik in die Woord - Eenjaar-Bybel neem jou op 'n geestelike reis van 365 dae deur die hele Bybel.\u003cbr\u003eElke dag se gedeeltes uit die Ou en Nuwe Testament is reeds vir jou uitgesit - van 1 Januarie tot 31 Desember - sodat jy die Bybel in een jaar, boek vir boek, sistematies kan deurlees.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJy kan boonop saam luister na dr. Raymond Lombard wat die dag se gedeeltes voorlees.\u003cbr\u003eSkandeer eenvoudig die QR-kode wat by elke dag verskyn, en luister terwyl jy lees - of sommer net terwyl jy besig is.\u003cbr\u003eAs jy die Woord sien én hoor, raak dit jou hart en verstand nog dieper.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAan die begin van elke maand kry jy ook 'n tydlose, bemoedigende boodskap wat jou help verstaan waaroor die maand se tekste in die breë gaan.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie Bybel is allereers 'n lees-Bybel. Die teks is geneem uit die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se 2024-hersiene uitgawe van die 1953-vertaling. Jy sal opmerk dat name eenvoudiger gespel is en dat sekere ou woordgebruik vervang is om dit makliker verstaanbaar te maak. Tog bly dit getrou aan die oorspronklike vertaling.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie Eenjaar-Bybel is vir elke gelowige wat 'n dieper verhouding met God begeer, vir gesinne wat saam 'n ritme van Bybellees en gebed wil vestig, en vir kleingroepe of gemeentes wat saam die Woord wil ontdek.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJy reis nie alleen nie - duisende ander gelowiges is reeds saam met jou op hierdie pad deur die Bybel in een jaar!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e8-Punt lettergrootte.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Raymond+Lombard\" class=\"contributor-link\"\u003eRaymond Lombard\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Raymond Lombard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47577199214755,"sku":"9781049201290","price":649.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781049201290_7d077200-9a77-4284-b8ab-1a9e8ab624aa.jpg?v=1776803999","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781049201290","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}