{"product_id":"9781049203096","title":"Sterre is vir altyd","description":"\u003cp\u003eSy is Janie, die gewone eendjie wat haar eie verjaarsdagwegbreek Parys toe moes reël en toe in elk geval op die lughawe in die steek gelaat is. Max is presies die tipe man vir wie sy geen ooghare het nie - mooi, macho, sexy en suksesvol, wat haar nog meer gewoon laat voel as wat sy reeds is.\u003cbr\u003eMaar Parys is 'n magiese plek waar selfs gewone eendjies romantiek vind. Hy lê die Stad van Liefde se skatte voor haar voete neer; sy kan haar hande oor 'n tafel uitsteek en hom anker.\u003cbr\u003eAl wat sy moet onthou, is dat die dae vol wonder en nagte vol passie 'n sprokie is. Selfs die familieplaas met die Alpe in die agtergrond, wat hy met bloedgeld moes koop om die onreg van die verlede reg te stel, is deel daarvan. En as daar nou een eienskap is wat alle sprokies deel, is dit dat hulle tot 'n einde kom.\u003cbr\u003eGaan sy, as sy terugkeer Suid-Afrika toe, dit wat sy vir hom voel met wortel en tak uit haar hart moet ruk? Of is daar dalk vir haar 'n verhaal wat beter is as 'n sprokie, een wat in die sterre geskryf is?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sophia+Kapp\" class=\"contributor-link\"\u003eSophia Kapp\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sophia Kapp","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382932062371,"sku":"9781049203096","price":324.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781049203096_e23aa0cc-c76c-4649-81b7-3b5c3bf170fc.jpg?v=1776519253","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781049203096","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}