{"product_id":"9781049260570","title":"En nog WAT - Uit die woordeskat van Afrikaans","description":"\u003cp\u003eHoor jy die ghoema? Oral waar mense Afrikaans praat, leef daar unieke woorde en uitdrukkings. In die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, word dié skatte bewaar. \u003cbr\u003eAmpas en riewas. Brokkies en flentertjies. Lodderein en vlugsout. 'n Deegpop met rosyntjie-oë. Kettemekê. Bokmakierie. Braaikoebaai en hondtrovert. Kaktus, heldoring, stinkblaar. Bekkertjiesgras. Herfsblaarswerwers en towerbruintjies. Kêrels en konings. Die Polonie van Benoni. Rissie-pit-se-geitjie-ding. Blomvoetjies. Springende haantjies. Ommesientjiestyd. KI en promptografie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHieroor en meer skryf Jana Luther sedert 2018 vir Beeld, Die Burger en Netwerk24 'n tweeweeklikse taalrubriek, “Woordewisseling”. Langer weergawes word soms in die RSG-program Taaldinge uitgesaai. \u003cbr\u003eOm die 100ste bestaansjaar van die WAT te herdenk, kies sy uit dié versameling - vir taalliefhebbers - die 100 stukke in hierdie bundel. 'n Viering van Afrikaans! \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e“In haar rubrieke het Jana lesers oor jare bemagtig met nuwe woorde, insig gegee in die betekenis van bestaande woorde, laat gesels oor die moontlike nuwe betekenisse van woorde en uitgedaag om te dink oor die konteks waarin woorde gebruik word. Die publikasie van hierdie bundel in 2026 is 'n belangrike merker in die eeufeesviering van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en 'n beduidende byvoeging tot die bewaring en viering van Afrikaans.” — Johanna van Eeden, Netwerk24 \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJana Luther is 'n woordeboekmaker en teksredakteur. Sy 'n mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), redakteur van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) en die Woordeboek van Afrikaans Vandag (AV), en 'n lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Taalkommissie.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n\u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=Author+Jana+Luther\" class=\"contributor-link\"\u003eJana Luther\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Jana Luther","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47577199870115,"sku":"9781049260570","price":270.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781049260570_865c0441-f2d2-4b2e-ac01-e7ad06e05c0c.jpg?v=1776804034","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781049260570","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}