{"product_id":"9781067218621","title":"Die Geskiedenis van Braaibroodjies","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eHet jy al ooit gewonder waar die braaibroodjie vandaan kom?\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eToe Frans de Villiers hierdie onskuldige vraag begin ondersoek het, was hy geskok oor hoe min werklike inligting beskikbaar is oor een van Suid-Afrika se gewildste braaigeregte.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSy nuuskierigheid het ontaard in ’n jarelange ondersoek deur die kosgeskiedenis van Suid-Afrika, met verrassende wendings oral langs die pad. Hierdie speurtog het hom gelei deur agtiendeeeuse resepteboeke, vroeë reisigersjoernale, \u003cem\u003eJan van Riebeeck\u003c\/em\u003e se dagboek, handgeskrewe familieresepte, \u003cem\u003eVoortrekkerdagboeke,\u003c\/em\u003e koerante uit die 1930’s tot 1950’s, duisende ou \u003cem\u003eHuisgenoot-uitgawes\u003c\/em\u003e uit dieselfde era, briewe uit kerkargiewe, asook verskeie kosbare ou tekste uit die \u003cem\u003eUniversiteit Stellenbosch\u003c\/em\u003e se Spesiale Versamelings.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHy het geleer dat die geskiedenis van braaibroodjies méér as net ’n kosverhaal is. Dit is die storie van Afrikaners, vertel deur die lens van \u003cstrong\u003ewitbrood, kaas, uie, tamaties, blatjang en vuur. \u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cem\u003e’n Speurtog én obsessive wat van die eerste bladsy vermaak, verras en booi. Ek hoop daar is nóg baie boeke soos hierdie uit Frans se pen\u003c\/em\u003e. – \u003cstrong\u003eErns Grundling\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cem\u003e ‘n Heerlike kykie agter die skerms van een van my geliefde Suid-Afrikaanse disse\u003c\/em\u003e. – \u003cstrong\u003eBertus Basson \u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cspan\u003eAuthor\u003c\/span\u003e \u003ca href=\"\/search?q=author:Frans%09de%09Villiers\"\u003eFrans de Villiers\u003c\/a\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"Frans de Villiers","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48173838106787,"sku":"9781067218621","price":315.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/9781067218621.jpg?v=1789978341","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781067218621","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}