{"product_id":"9781067234119","title":"Die langverwagte","description":"\u003cp\u003eDie langverwagte is 'n tweeluik en bestaan uit die vertaling van twee romans van Erwin Mortier: Marcel [1999] en De onbevlekte [2020]. Die romans werk met dieselfde gegewe, maar word uit twee verskillende perspektiewe vertel.\u003cbr\u003eDie perspektief in die eerste teks is dié van 'n negejarige seun, Marcel, terwyl sy ouma, Andrea, die stem in die tweede roman word. Dit is die eerste keer dat die twee romans so as een publikasie uitgegee word.\u003cbr\u003eDie romans het as agtergrond die Tweede Wêreldoorlog en die spanning in België, waar sekere groeperinge Vlaminge hulle met Nazi-Duitsland geassosieer het, met die oog op die onafhanklikheid van Vlaandere.\u003cbr\u003eIets soortgelyks, maar op 'n kleiner skaal, het in Suid-Afrika gebeur rondom Die Rebellie in 1914 en die Ossewabrandwag net voor en tydens die Tweede Wêreldoorlog.\u003cbr\u003eErwin Mortier (1965) is een van die belangrikste eietydse Vlaamse skrywers en het reeds 9 romans, 'n bundel kortverhale en 5 bundels poësie gepubliseer. Daar het ook 'n aantal nie-fiksie werke deur hom verskyn. Hy het reeds verskeie groot literêre toekennings ontvang, onder andere die Gerard Walschapprys en die Goue Ezelsoor vir Marcel, sy debuut.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Erwin+Mortier\" class=\"contributor-link\"\u003eErwin Mortier\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Erwin Mortier","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382523248803,"sku":"9781067234119","price":275.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781067234119_650ce1cf-af26-4b60-a539-e0753ea7d883.jpg?v=1776519382","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781067234119","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}