{"product_id":"9781067234416","title":"Die skuld wat bloed betaal","description":"\u003cp\u003eTwee kinders, een wit, een bruin, beur die lewe in en word gedurende die apartheidsjare in dieselfde plattelandse omgewing groot. Onder dié grond voed die bloed en beendere van voorsate die DNS van die landskap. Vernietigende gedragspatrone vloei soos kanker deur die are van een geslag na die volgende.\u003cbr\u003eAlhoewel Madelee en Karools se omstandighede radikaal verskil, worstel albei om sin te maak van hulle bestaan en word gedwing om die ongenadige mes van gesin- en geslagsgeweld aan die lemkant vas te hou. Wanneer die noodlot hulle wêrelde in botsing bring, keep dit diep wonde. Hulle bly die skuld van bloed betaal.\u003cbr\u003eIs die uitkoms wat in die toekoms wag as hulle paaie weer sou kruis, onafwendbaar? Of kan hulle dit ontkom?\u003cbr\u003eMet hierdie sterk en boeiende debuut dwing Sandra Skinner die leser om skokkende waarhede in die gesig te staar. Dit is 'n kaalvuis fiktiewe verhaal wat ook elemente van ware gebeure bevat. Dit weier om ontkenning van die sistemiese wreedhede van ons verlede te aanvaar. Dit hou ook die spieël van die hede voor die leser en vra die ongemaklike vraag: Is daar nie nog steeds Karoolse en Madelees in ons midde nie?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sandra+Skinner\" class=\"contributor-link\"\u003eSandra Skinner\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sandra Skinner","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382705701027,"sku":"9781067234416","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781067234416_f26b7cc3-6efd-4ccf-8ff0-790d1881aa10.jpg?v=1776519435","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781067234416","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}