{"product_id":"9781067234546","title":"Klaarte","description":"\u003cp\u003eKlaarte is die bekroonde digter Louis Esterhuizen se twaalfde digbundel en bevat merendeels lewensbeskoulike, besinnende verse oor die liefde tussen twee ouerwordende persone, maar ook aktualiteitsverse oor die geskiedenis, ekologie en die digkuns self.\u003cbr\u003eVerrassend is die eerlike dog sardoniese wyse waarmee daar soms gekyk word na nypende kwessies soos veroudering, siekte en politiese omwentelinge te midde van die verse met ’n sterk deurlopende narratiewe lyn.\u003cbr\u003eTrouens, hierdie bundel kan sekerlik beskou word as ’n memoires in versvorm en wat sterk herinner aan die Japannese lewensbeskouing wabi-sabi waarvolgens daar skoonheid gevind kan word in gebrokenheid, en vreugde in imperfeksie, transformasie en verganklikheid.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Louis+Esterhuizen\" class=\"contributor-link\"\u003eLouis Esterhuizen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Louis Esterhuizen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382709272739,"sku":"9781067234546","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781067234546_d7b74739-1ff3-4094-8b0b-b3f8c8b7fbd1.jpg?v=1776519456","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781067234546","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}