{"product_id":"9781067234577","title":"Merang","description":"\u003cp\u003eMerang is 'n versamelbundel van nuwe Afrikaanse gedigte. Die bundeltitel beklemtoon die idee van feesviering, want “merang” beteken “fees” en behoort tot die leksikon van Kaapse Moesliemafrikaans.\u003cbr\u003eDie etimologiese oorsprong van “merang” is Maleis (“rame'an”) wat “skare” beteken, terwyl die woord “marang” in Javaans “na” beteken soos in “kom na” (dus ook in die sin van 'n uitnodiging). “Merang” is gewoon 'n mooi en klankryke woord wat ook Afrikaans se diverse karakter beklemtoon.\u003cbr\u003eMerang  is 'n kopknik aan die eeufeesviering van Afrikaans se amptelike status, maar vir die samestellers gaan dit om veel meer. Dit gaan primêr om die viering van die Afrikaanse digkuns en haar spore loop verder terug as 1925. Verder dien Merang as 'n inventaris van hoe en waaroor hedendaagse Afrikaanse digters dig, alhoewel 'n enkele versamelbundel nie die volledige prentjie kan skets nie. Ons is oortuig dat die gedigte in Merang  wel 'n goeie oorsig bied van tendense en nuanses in die eietydse Afrikaanse poësie.\u003cbr\u003eOm en by 160 gekeurde gedigte van meer as tagtig digters is in Merang opgeneem.\u003cbr\u003eDie ongepubliseerde werk van gevestigde digters verskyn saam met dié van onlangse debutante en nuwelinge. Die digters het werklik vrye teuels gehad, omdat geen tematiese, stilistiese of verstegniese vereistes aan hulle voorgehou is nie. Die belangrikste maatstaf en gemene deler was literêre gehalte.\u003cbr\u003eMerang is voorwaar 'n uitsonderlike viering van die Afrikaanse poësie in haar velerlei gedaantes. Dit is selde dat 'n versameling so verteenwoordigend is van verskillende style, poëtiese tegnieke en tematiese wêrelde soos die liefde, verlies, nostalgie, die natuurlike omgewing, plant- en dierspesies, sosiopolitieke kwessies, kunstenaarskap en tegnologie.\u003cbr\u003eDie samestellers het 'n ope uitnodiging aan alle Afrikaanse digters gerig. Hulle het ons verwagtings oortref en ons is werklik beïndruk deur die kwaliteit en reikwydte van hulle verse. Nou nooi ons elke lojale en potensiële poësieleser ook uit om deel te wees van dié besonderse fees van digters en gedigte.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Neil+Cochrane\" class=\"contributor-link\"\u003eNeil Cochrane\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Neil Cochrane","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47382526427299,"sku":"9781067234577","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781067234577_c71ebddc-b0db-4f09-8728-997e58b144e0.jpg?v=1776519464","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781067234577","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}