{"product_id":"9781067234768","title":"Nou hou ons net aan","description":"\u003cp\u003eToe die destydse Radio Pretoria vir die eerste maal in September 1993 gelisensieer is om tydelik vir twee naweke uit te saai, het die tegniese beamptes, wat gehelp het met die eerste uitsendings vanaf Donkerhoek buite Pretoria, vir die stigter van die radio, ds.Mossie van den Berg gevra wat hulle moet maak wanneer die tydelike lisensie die Sondagaand om 24:00 verstryk.\u003cbr\u003eSy antwoord was: “Dan hou ons net aan!”\u003cbr\u003eHierdie woorde het 'n leuse geraak waarmee die radiostasie, gebore in die storm-en-drang-jare van die politieke oorgang van 27 April 1994, sy vele uitdagings trotseer het.\u003cbr\u003eDie uitdagings het gewissel van 'n giftige media-omgewing van etikettering en stereotipering waarin die radiostasie ontstaan het, tot insidente waar polisiemanne van die destydse onlusteeenheid van die ou Suid-Afrikaanse Polisie in Caspir-voertuie op Donkerhoek opgedaag het om die uitsendings te stop en uiteindelike hofaansoek op hofaansoek totdat die radiostasie vir die eerste maal in 2010 permanente uitsaailisensie ontvang het.\u003cbr\u003eDie stasie het gegroei van 'n rebelle-strydradio tot 'n gerekende media-instelling met visie om onafhanklike Afrikaanse inhoud in elke huis waar Afrikaans gepraat word, te skep.\u003cbr\u003eVandag word die stasie nie net landwyd op DStv se oudio-boeket geluister nie, maar ook wêreldwyd via die internet en selfoontoepassing asook op FM vanuit verskeie sentra.\u003cbr\u003eDie boek Dan hou ons net aan! vertel hierdie verhaal soos neergepen deur die oprigters van die radiostasie, ds. Mossie van den Berg, prof. Adriaan Pont, prof. Schalk Botha en oud-regter Bill Prinsloo en verskeie rolspelers en aktiviste wat 'n radiostasie uit uitgediende SAUK-toerusting aanmekaar gesit het en net aangehou het, ten spyte van die hewigste teenkanting.\u003cbr\u003eDie boek word onder redakteurskap van Willie Spies uitgegee.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Willie+Spies+(Redakteur)\" class=\"contributor-link\"\u003eWillie Spies (Redakteur)\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Willie Spies (Redakteur)","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47381576089763,"sku":"9781067234768","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781067234768_c2bb3c71-2d7f-4a13-a1a8-7a2fea974a00.jpg?v=1776519512","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781067234768","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}