{"product_id":"9781415201756","title":"Die Formidabele Ling Ho","description":"\u003cp\u003eWanneer kansvatter van formaat Willem Landman sy swart snor opplak en sy satynskoene met die klokkies op die punte aanhet, is hy Ling Ho: opperstetowenaar en showman. Van skoolsaal na kerksaal na landbousaal reis Willem, sy assistent en sy kat in hul bakkie, gevolg deur 'n karavaan, gevolg deur 'n Ventertjie, oor die grasvelde van Mpumalanga.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDit is hier waar dié klein bende vir Evie en Noah raakloop. In hul biblioteekwa bring dié gedemoveerde bibliotekaresse en die drywer van die Travelling Library die geskrewe woord na die mense.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTussen Evie en Willem is daar 'n vonkie, maar daar is ook onweer in die lug. Die storm in aankoms gaan Willem en die meisie in die kis se bloutjie een aand met die saagtriek na kinderspeletjies laat lyk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJohan Kruger steek die draak met allerlei swaarwigtige Suid-Afrikaanse werklikhede. Sy satire Die formidabele Ling Ho is soos 'n welkome bui reën oor 'n dor stuk platteland.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJohan Kruger is die skrywer van vier jeugromans, 'n speurroman en verskeie kortverhale. Hy is 'n senior advokaat wat lank as regter gewerk het en was ook 'n professor in die regte. Hy was nou betrokke by die skryf van die Grondwette in 1993 en 1996. Sy mees onlangse roman, Die vloek, is in 2012 vir 'n ATKV-woordveertjie benoem.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johan+Kruger\" class=\"contributor-link\"\u003eJohan Kruger\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johan Kruger","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375689449635,"sku":"9781415201756","price":210.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415201756_ae4ecbbd-7818-4da0-8257-601b03f5ffca.jpg?v=1776531096","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415201756","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}