{"product_id":"9781415201879","title":"Voëlvry","description":"\u003cp\u003eWanneer dinge te warm raak vir die skatryk Duitse swendelaar Hans-Joachim Kramer, vestig hy hom en sy jong gesin op 'n plaas in Namibië. Hy stel vir Daantjie Weerlig as voorman aan om hom met sy boerdery te help. Kramer pas gou aan by die nuwe land en sy mense, maar vir sy blondekopvrou en hul tweeling raak die ongenaakbaarheid van die nuwe tuiste gou te veel en hulle keer terug Duitsland toe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer Kramer vir Vaalperd Ses in diens neem, neem sake 'n dramatiese wending. Dié nuweling kruis swaarde met Daantjie Weerlig en hy sweer wraak wanneer hy uiteindelik gevra word om die plaas te verlaat.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIntussen is 'n lasbrief vir die inhegtenisname van Kramer in Duitsland uitgereik. Die agent wie se taak dit is om Hans-Joachim uitgelewer te kry, betrek die meedoënlose Vaalperd Ses om die Duitser die skrik op die lyf te jaag - met bloedige gevolge.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGou word alles wat vir Kramer kosbaar was hom ontneem, maar dan ontmoet hy n jong vrou, Rachel da Silva, wie se wortels stewig geanker is in Afrika-grond.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Piet+van+Rooyen\" class=\"contributor-link\"\u003ePiet van Rooyen\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Piet van Rooyen","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375430615203,"sku":"9781415201879","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415201879_3fe38b0b-db17-49de-8fc8-a0725a2904fd.jpg?v=1776531126","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415201879","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}