{"product_id":"9781415202036","title":"Rooi Jan Alleman","description":"\u003cp\u003eDie klein Bram Fischer word gebore uit drome en beelde, met die geloei van Bloemfonteinse osse in die agtergrond. Hy sien die spoke van Paul Kruger en Jopie Fourie, asook dié van Hendrik Biebouw, die eerste Afrikaner.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn hierdie roman skryf François Loots 'n kreatiewe, fiktiewe weergawe van Afrikaner-kommunis en struggle-held Bram Fischer se lewe. Die leser word gedompel in Fischer se leef- en gedagtewêreld, in die spanninge en avonture van die jong radikaal. Saam met Fischer, gaan 'n mens ondergronds. Wat is 'n mens se diepste gedagtes wanneer jy jou vermom? Wanneer jy soos 'n verkleurmannetjie in nuwe identiteite moet inglip? Of wanneer jy tronk toe gaan?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eNá die strome drome, word Fischer geteister deur die demone van absolute eensaamheid. Maar wat deur alles bly staan, is sy onwrikbare liefde teenoor sy beminde Molly, wat hom kom verlos uit sy laaste droom. Soms is dit slegs deur die lens van fiksie wat mens iets van die ware geskiedenis kan agterhaal.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fran%C3%A7ois+Loots\" class=\"contributor-link\"\u003eFrançois Loots\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"François Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375695413411,"sku":"9781415202036","price":220.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415202036_ee562cc0-f08c-4102-b828-5f41f8a690d3.jpg?v=1776531135","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415202036","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}