{"product_id":"9781415206980","title":"Die sirkel van bekende dinge","description":"\u003cp\u003eBilly se draaktatoe sal skewe kyke lok op die Karoodorpie waarheen sy gesin verhuis. Dis moeilik om in te pas as jou pa die nuwe polisiekolonel is en jou ma haar pille saam met wyn sluk.\u003cbr\u003eVoordat Billy vir Sue ontmoet, wat hom laat droom in 'n aweregse wêreld, bied die gangster Ou Joe se bordeel 'n vreemde troos vir trokdrywers én nuuskierige seuns. Ou Joe beplan om iets hier na te laat voordat hy sy finale geveg met die groeiende kanker in sy maag het.\u003cbr\u003eNá 'n bloedige nag is Ou Joe se plek in die kolonel se visier en moet Billy stelling inneem terwyl goed en kwaad nog kant kies.\u003cbr\u003eIn die styl van 'n moderne western is Johan Vlok Louw se roman vol driftige jonges, motors en gewere. Die boek is 'n vuishou in die maag; die styl so evokatief soos die Karoolandskap waar die verhaal afspeel. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johan+Vlok+Louw\" class=\"contributor-link\"\u003eJohan Vlok Louw\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johan Vlok Louw","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375808004259,"sku":"9781415206980","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415206980_a1c2717e-8ae0-46dd-aa04-a7bc06e9a67d.jpg?v=1776531265","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415206980","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}