{"product_id":"9781415207208","title":"Moord vis","description":"\u003cp\u003e'n Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van 'n jong joernalis - sonder haar arm.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eVir dié kusdorpie se inwoners is dit slegte nuus; lyke wat rondlê kan die haaiduikbedryf waarvoor Grootbaai beroemd is, erge skade berokken. \u003cbr\u003e \u003cbr\u003eStorm se hande jeuk om die saak te ondersoek, maar sy is vir eers ingeperk tot saai kantoorwerk. Boonop het sy nie 'n ryding nie nadat 'n inwoner - 'n aantreklike een daarby - met sy insleepwa in haar Volla vasgejaag het.\u003cbr\u003eIntussen sukkel Storm se onmoontlike oudkollega, Andreas Moerdyk, om te fokus terwyl hy ondersoek instel na die dood van 'n bekende Springbokstut wie se motor op die N1 deur 'n soortgelyke trok getref is.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eHet Storm se ongeluk iets met die rugbyspeler se noodlottige botsing te doen? En hoe steek die joernalis se dood en die stories oor perlemoenstropery op Grootbaai in mekaar?\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eTerwyl Storm antwoorde op dié tergende vrae soek, raak dinge vir haar gevaarliker as 'n haaihokduik - sonder die hok.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Irna+van+Zyl\" class=\"contributor-link\"\u003eIrna van Zyl\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Irna van Zyl","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375575941283,"sku":"9781415207208","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415207208_078d90c0-bdd5-4c71-8a10-a24caaae1b66.jpg?v=1776531326","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415207208","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}