{"product_id":"9781415207376","title":"My groot vet Griekse egskeiding","description":"\u003cp\u003ePolly en haar Griekse man Archie besit 'n groot boekwinkel in Randburg waar klante die koerant sit en lees terwyl hulle na die ou jukebox luister en aan die Griekse gebak peusel. Maar Polly se wêreld stort in duie wanneer sy op 'n dag tuis kom om te hoor Archie is saam met 'n vrou in 'n luukse motor daar weg. \u003cbr\u003eNa 'n jaar is Archie stééds weg, en niemand weet waar hy is nie. Hy stuur kort, kriptiese boodskappe aan sy twee kinders en uiteindelik een aan sy prokureur om te sê dis reg so, Polly kan aangaan met die egskeiding en sy is geregtig op helfte van alles wat hy besit.\u003cbr\u003eMaar Archie daag nooit op vir enige hofverskynings nie en die egskeiding kan nie voltrek word nie. Daar word ook geen geld uit hulle bankrekenings getrek nie en uiteindelik wonder Polly of die man ooit nog lewe. \u003cbr\u003eMy groot vet Griekse egskeiding gaan oor die soeke na Archie, Polly se gesukkel om te skei, en 'n reuse-verrassing. Die roman is vol humor en patos deur die skrywer van die topverkoper Kroes.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Pat+Stamat%C3%A9los\" class=\"contributor-link\"\u003ePat Stamatélos\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Pat Stamatélos","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375629648035,"sku":"9781415207376","price":190.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415207376_832a704b-b800-40f0-9bb6-9dfed63bdcab.jpg?v=1776531379","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415207376","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}