{"product_id":"9781415207420","title":"Die dag van die Lord","description":"\u003cp\u003eLord Kitchener se Anglo-Boereoorlog het Andries Fourie se lewe verbrysel: hy was tien toe hy moes toekyk hoe die Kakies sy pa se pastorie afbrand en sy kleinboet om die lewe bring. Hierna het die konsentrasiekampe by Standerton en op Ceylon die lot van sy sussie en sy ouers bepaal.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJare ná die Boereoorlog en aan die vooraand van die Eerste Wêreldoorlog het Andries vir Kitchener in sy visier. Andries is nou 'n jong regsgeleerde in Londen. In 'n wêreld van spioene en verskuilde agendas ontvou sy wraakplan wat hy geheim hou vir Jenny, die jong Skotse vrou op wie hy verlief raak.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVan die verbrande aarde by Bethal en Irene tot in Duitsland, die sensorkantore in Whitehall en Windermere ontknoop 'n verhaal deels gebaseer op ware gebeure wat die geskiedenis onherroeplik kon verander het. \u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Johan+Kruger\" class=\"contributor-link\"\u003eJohan Kruger\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Johan Kruger","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375436120227,"sku":"9781415207420","price":240.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415207420_b6ea9a51-13f0-4ec4-9124-8acbcea83ff1.jpg?v=1776531397","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415207420","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}