{"product_id":"9781415207475","title":"Die derde spoel (41)","description":"\u003cp\u003eRAPPORT TOP 100 - NOMMER 41\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEtienne is twee-en-twintig en studeer filmkuns in London nadat hy uit Suid- Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van Thatcher, optogte teen apartheid, en Vigs, maar ook van eksperimentele kuns, postpunk en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op 'n Duitse kunstenaar in hierdie skadustad waar mense in bouvallige kunstenaarskommunes woon.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eIn Londen kom Etienne af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. \u003cbr\u003eEtienne begin na die verlore spoele soek, 'n soektog wat 'n obsessie word wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl Etienne die gevaarlike ruimtes weerskante van die Muur navigeer, begin die verhaal van 'n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eEtienne word egter teruggeruk na die hede en na Suid-Afrika, maar sy soektog na die vermiste film duur voort.\u003cbr\u003e \u003cbr\u003eArgitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deurweek SJ Naudé se kosmopolitaanse en roerende Die derde spoel , waarmee hy nuwe grond vir die roman in Afrikaans breek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SJ+Naud%C3%A9\" class=\"contributor-link\"\u003eSJ Naudé\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+RAPPORT100\" class=\"contributor-link\"\u003eRAPPORT100\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"SJ Naudé,RAPPORT100","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375667593379,"sku":"9781415207475","price":320.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415207475_cbd54175-1644-4728-b37b-d075b3e766da.jpg?v=1776531420","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415207475","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}