{"product_id":"9781415207536","title":"Slaafs","description":"\u003cp\u003e'n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball speel nie. Vra maar vir kaptein Nicci de Wee, 'Ounooi' soos haar kollega Blackie haar noem. Haar priestervriendin Sally sal dit beaam en so ook Peters, wat skaars sy oë van Nicci kan afhou. \u003cbr\u003eWant in Khayelitsha is die Jane Does volop: daardie vroueslagoffers wat so sonder naam op die staatspatoloog se outopsietafel beland. Maar waarom was daar vreemde vesels in die keel van 'n meisie wat aan 'n oordosis sterf en hoekom het sy en 'n tweede slagoffer dieselfde tatoeëermerk? \u003cbr\u003eWeldra daal Nicci en haar kollegas af in die donker onderwêreld van mensehandel, begelei deur die enigmatiese, en verleidelike, doktor Gigi Gerber, kenner op die gebied van slawesindikate. En heeltyd, in die agtergrond, staan al die kwesbare ontwortelde mense van die wêreld. \u003cbr\u003eDie speurspan in Bettina Wyngaard se nuwe riller is mense van vlees en bloed wat diep voel, in intense verhoudinge tot mekaar staan, liefhet, verliese ly en die hart aangryp.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Bettina+Wyngaard\" class=\"contributor-link\"\u003eBettina Wyngaard\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Bettina Wyngaard","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375501459619,"sku":"9781415207536","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415207536_9285031c-c5a4-4ed4-822a-1f8d9fb6d514.jpg?v=1776531437","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415207536","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}