{"product_id":"9781415207680","title":"Boas Mei is verward","description":"\u003cp\u003eDit is die verhaal van Boas Mei, wie se lewe so in duie stort dat hy in die hospitaal beland. Hier drom 'n span dokters diep bekommerd om hom saam om die resultate van sy breinskandering te bekyk. Om alles te kroon, blyk dit dat die vrou wat hy liefhet, hom verlaat het.\u003cbr\u003eWanneer Boas besef dat hy verward is - nie alleen as gevolg van sy hede nie, maar veral oor sy verlede - en dat die dokters se behandeling nie sy diepgewortelde hartseer aanspreek nie, besluit hy om 'n splinternuwe verlede te skep - een wat sy gewete sal kan hanteer.\u003cbr\u003eHy begin sy verhaal met 'n koki-pen teen die kamermuur skryf. Sy poging neem 'n skokkende wending wanneer hy hom skielik in 'n pantservoertuig tydens 'n nagmerrierit deur 'n township bevind. Die volgende oomblik is hy in 'n woestyn in Noord-Afrika, midde-in die Slag van El Alamein, wat dekades voor sy geboorte plaasgevind het.\u003cbr\u003eWaarheid en verdigsel is selde meer as 'n paar duim uit mekaar in Tinus Horn se skreeusnaakse, aangrypende derde roman.\u003cbr\u003eTinus Horn is die skrywer van die romans Droster en Bomskok en die grafiese roman Hemel op aarde. Hy is 'n kunstenaar en maak ook kort animasieflieks. Hy woon op Stanford.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Tinus+Horn\" class=\"contributor-link\"\u003eTinus Horn\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Tinus Horn","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375588327587,"sku":"9781415207680","price":230.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415207680_0e900f49-6684-4456-9b2c-a9a4841234f4.jpg?v=1776531479","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415207680","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}