{"product_id":"9781415209028","title":"Fynbos feetjies","description":"\u003cp\u003eDaar woon 'n feetjie by elke soort Kaapse fynbos, en hier stel Antjie Krog hulle op haar unieke manier aan ons voor. Hulle werk en speel, hulle sorg vir die fynbos of maak gemors.\u003cbr\u003eHulle lag, slaap, droom ... dis 'n besige lewe vir 'n gemiddelde fynbosfeetjie in die veld. Fiona Moodie se asemrowende illustrasies is almal plantkundig akkuraat geteken.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eUit Fynbosfeetjies, bladsy 4\u003cbr\u003eDISA-FEETJIE\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eso dans die Disa-dogtertjie\u003cbr\u003eso dans sy langs die stroom\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eso buig sy met die varings saam\u003cbr\u003een was haar vlerkies skoon\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eso drink die Disa-dogtertjie\u003cbr\u003edou van die silwerboom\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eso het die Disa-dogtertjie\u003cbr\u003ediep in my hart kom woon\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAntjie Krog sê\u003cbr\u003e'As kind was ek betower deur kinderryme: die klank en ritme daarvan en die onsêbaarheid wat op 'n manier tog gesê word. Dit is een van die heerlikhede van die lewe om vir 'n kind ryme te lees en te sien hoedat klank 'n onuitwisbare dimensie belig.' \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eFiona Moodie sê\u003cbr\u003e'Om hierdie verse te illustreer, was louter plesier omdat hulle my herinner het aan die denkbeeldige wêreld wat ek as gelukkige maar alleenkind bewoon het op die Bolandse plaas waar ek grootgeword het. Dit was 'n vreugde om blomme te skilder en ek hoop dat my prente by kinders 'n belangstelling in die natuurskoon om ons in Suid-Afrika sal help aanwakker.'\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Antjie+Krog\" class=\"contributor-link\"\u003eAntjie Krog\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eIllustrator\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Illustrator+Fiona+Moodie\" class=\"contributor-link\"\u003eFiona Moodie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Antjie Krog","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375585214627,"sku":"9781415209028","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415209028_896c71bc-592e-4ae1-989d-0cb76e41a1f7.jpg?v=1776531538","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415209028","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}