{"product_id":"9781415210017","title":"Decima (34) (Afrikaanse Uitgawe)","description":"\u003cp\u003eRAPPORT TOP 100 - NOMMER 34\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn die Oos-Kaapse veld maak 'n skrywer haar in sy verbeelding staan: Vir Decima - 'n formidabele swartrenosterkoei. Haar dogter, Tandeka, is dragtig, en die handvol renosters sien uit na die kalf se koms in die lente. Maar vir Decima is daar vrees wat met elke volmaan in haar opwel. Sy kan steeds die gebeure onthou wat haar baie seisoene vantevore wees gelaat het.\u003cbr\u003eAl werkend aan Decima se verhaal, is Eben. Hy vra: Hoe skryf mens oor hierdie dier as gevoelvolle wese? Deel van die storie is die verskillende karakters wat 'n impak op die lot van die renosters het: stropers, hul kliënte, beoefenaars van tradisionele medisyne, ook die bewaarders. En tussendeur is daar Eben se brose ma wat in die land agtergebly het. Soos hy sy weg vind deur die bladsye van sy manuskrip, is dit die stem van Decima wat die suiwerste in sy gedagtes klink.\u003cbr\u003eEben Venter se boek kombineer outofiksie, fabel, 'n speurverhaal en die wetenskap, en is 'n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die wêreld se megaherbivore. Decima is 'n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing en besweer.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Eben+Venter\" class=\"contributor-link\"\u003eEben Venter\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+RAPPORT100\" class=\"contributor-link\"\u003eRAPPORT100\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Eben Venter,RAPPORT100","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47378628051107,"sku":"9781415210017","price":330.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415210017_8d5cd62d-2c29-4160-a1fe-55da8a010981.jpg?v=1776531704","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415210017","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}