{"product_id":"9781415210055","title":"`n Spook in die huis","description":"\u003cp\u003eDie spook in sy huis kry alleenloper Paul nie verdryf nie, al probeer hy hoe hard om met ingewikkelde resepte sy dae om te bak. Sy lewe verander onomkeerbaar wanneer hy by 'n moord ingesleep word. Nou is sy lewe ook\u003cbr\u003e'n koerantopskrif, nes dié wat hy elke nag bekook vir die Shrien Dewani saak by die nuuskantoor waar hy werk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie skaduwêreld van sado-masochisme kom tydens die Dewani ondersoek\u003cbr\u003eaan die lig: 'n wêreld goed bekend aan Div. Fisieke pyn is hoe hy vergeet van sy afgetakelde pa en sy junkie-broer. Wanneer die gedaante van die vermoorde Anni Dewani lewensgroot aan Div verskyn, besef hy dat dít wat by hom spook nie slegs metafories is nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWat jaag ons, en wat maak ons vry? In 'n Spook in die huis, François Loots se sewende roman, word die kompleksiteite rondom ontvlugting en verlossing op boeiende en verrassende wyse verken.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Fran%C3%A7ois+Loots\" class=\"contributor-link\"\u003eFrançois Loots\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"François Loots","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47376995844259,"sku":"9781415210055","price":290.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415210055_e39d15b3-113d-49f1-9715-973d338706ba.jpg?v=1776531717","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415210055","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}