{"product_id":"9781415210796","title":"Dol heuning","description":"\u003cp\u003e*** WENNER 2022 UJ-PRYS ***\u003cbr\u003eDie verhale in Dol heuning  kring soos breedtegrade om 'n aardbol uit - van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe.\u003cbr\u003eIn 'n boomryke Kaapstadse woonbuurt koester 'n paar hul seuntjie terwyl hul skoonmaker se kind in volle aangesig van die land se ongeregtighede moet staan.\u003cbr\u003eIn die yslandskap van Reykjavic sluk 'n vrou dol heuning saam met die man wat haar vir 'n ander verruil het en bring hulle 'n angswekkende aand saam met 'n gewelddadige Rus en sy metgesel deur.\u003cbr\u003eTerwyl twee minnaars in New England aan die wreedheid van hul gasheer uitgelewer word toe sy menslikheid hom verlaat, ontferm 'n ma haar oor 'n straatkind op Park-stasie.\u003cbr\u003eDie verhaalsiklus wat die kroon span, vertel hoe 'n jong Namibiër en sy Japannese vriendin 'n tragedie in die berge en 'n nag in 'n beklemmende chateau met 'n poel vol gloeiende palings beleef.\u003cbr\u003eNá die veelbekroonde Alfabet van die voëls,  publiseer SJ Naudé 'n tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras, en boweal bekoor.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+SJ+Naude\" class=\"contributor-link\"\u003eSJ Naude\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"SJ Naude","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375744925859,"sku":"9781415210796","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415210796_78e7cbed-429f-4a7d-a7bc-03ffaf231852.jpg?v=1776531868","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415210796","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}