{"product_id":"9781415441459","title":"Via Afrika Afrikaans EAT Graad 8 Novelle: Sweepsoldaat van Sondelani","description":"\u003cp\u003eHierdie novelles is geskryf om by die belangstellings en leesvlakke van leerders in Graad 7, 8 en 9 aan te pas. Die novelle vorm 'n belangrike deel van die leeskomponent van die KABV-kurrikulum en moet aanvullend by die klasleesboek gebruik word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eEers het Mandla gedink sy broer, Bongi, is reg; hy voel dalk net\u003cbr\u003ekriewelrig omdat die drif altyd donker is. Dalk is die geplas in\u003cbr\u003edie water maar net watervoëls. Tot die aand wat die rooi oë\u003cbr\u003etussen die riete verskyn . . .\u003cbr\u003eMandla se pa wil hom nie glo nie en noem hom 'n zinyane\u003cbr\u003ewat blêr-blêr na sy ma toe hardloop. Bongi lag hom uit. Hulle\u003cbr\u003ebokke begin verdwyn, en Simba, Bongi se hond, word vergiftig.\u003cbr\u003eBrandstigting verwoes byna die plaas, en wanneer Mandla se\u003cbr\u003epa hom opdrag gee om die rietbos aan die brand te steek,\u003cbr\u003ebegin dinge erg skeefloop. Die dag na die brand maak Mandla\u003cbr\u003een Bongi 'n gruwelike ontdekking en om alles te kroon, word\u003cbr\u003eMandla se pa deur die polisie ondervra oor wildstropery op\u003cbr\u003edie plaas waar Thandi se pa bestuurder is. Sy vriendskap met\u003cbr\u003eThandi is daarmee heen en niks is reg met die wêreld nie.\u003cbr\u003eMandla het nog nooit so alleen gevoel nie. Hy weet hy moet\u003cbr\u003eiets doen, maar wat?\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+VIA+AFRIKA\" class=\"contributor-link\"\u003eVIA AFRIKA\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"VIA AFRIKA","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47585890861219,"sku":"9781415441459","price":168.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415441459_91a9cdab-a478-42a0-bc19-b086eea881f4.jpg?v=1776534897","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415441459","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}