{"product_id":"9781415441466","title":"Via Afrika Afrikaans EAT Graad 9 Novelle: 'n Ander dimensie","description":"\u003cp\u003eHierdie novelles is geskryf om by die belangstellings en leesvlakke van leerders in Graad 7, 8 en 9 aan te pas. Die novelle vorm 'n belangrike deel van die leeskomponent van die KABV-kurrikulum en moet aanvullend by die klasleesboek gebruik word.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIs dit moontlik om na 'n ander dimensie te gaan en daar\u003cbr\u003edeur regte outydse seerowers ontvoer te word? Is dit\u003cbr\u003ewetenskapsfiksie of net 'n nare droom? Of is dit dalk die\u003cbr\u003ewaarheid?\u003cbr\u003eHoe anders verklaar jy dit dat Lee-Anne, Mayo, Einstein en\u003cbr\u003eSlak saam in 'n vreemde dimensie beland, vol moorddadige\u003cbr\u003ekarakters en met heel ander reëls? Reëls wat dinge soos\u003cbr\u003emoord en marteling insluit. Dit terwyl die vier van hulle een\u003cbr\u003eSaterdagmiddag doodonskuldig in hulle boomhuis na 'n\u003cbr\u003eseerowerkaart gesit en kyk het. 'n Kaart wat hulle na 'n geheime\u003cbr\u003ewêreld voer, vol skatte en doodsgevare. Hier word die vier\u003cbr\u003emaats se talente, waardes, vasberadenheid, dapperheid en\u003cbr\u003evriendskap terdeë getoets.\u003cbr\u003eSal hulle óóit weer by die huis kom en óóit weer van Slak se ma\u003cbr\u003ese heerlike, tuisgemaakte hamburgers en aartappelskyfies eet?\u003cbr\u003eLees en vind uit ...\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+VIA+AFRIKA\" class=\"contributor-link\"\u003eVIA AFRIKA\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"VIA AFRIKA","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47585890959523,"sku":"9781415441466","price":185.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781415441466_0cad3d39-6cbc-4287-a1ca-052f76ce47fb.jpg?v=1776534904","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781415441466","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}