{"product_id":"9781431410552","title":"Die Boereoorlog","description":"\u003cp\u003eDie Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is al verskeie dinge genoem: die oorsaak van apartheid, die voorganger van die Eerste en Tweede Wêreldoorloë, en die eerste media-oorlog (waar joernaliste vir die eerste keer by 'n oorlog ingebed was). Dit het gehelp om die nasiestaat van Suid-Afrika te skep en meer as 'n honderd jaar nadat dié oorlog geëindig het, lei dit steeds tot vurige debatte.\u003cbr\u003eIn Die Boereoorlog bied Martin Bossenbroek vir die eerste keer aan lesers die volledige storie met ongeëwenaarde insig en detail. Bossenbroek\u003cbr\u003evolg drie kleurvolle hoofkarakters: die Nederlandse prokureur, staatsprokureur van die Suid-Afrikaanse Republiek, staatsekretaris en uiteindelike Europese gesant Willem Leyds; die Britse oorlogsjoernalis Winston Churchill, en die Boerekryger en toekomstige Suid-Afrikaanse politikus, Deneys Reitz. Bossenbroek se fassinerende nuwe blik op die oorlog troef Thomas Pakenham se klassieke topverkoper, en is 'n moet-lees vir alle Suid-Afrikaanse geskiedenis-entoesiaste. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMartin Bossenbroek is 'n mede-professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Utrecht in Nederland. Hy het sy eerste graad in 1980 van die Vrye Universiteit van Amsterdam ontvang en in 1992 sy doktoraal van die Universiteit van Leiden. Hy is die outeur van vele akademiese artikels en Die Boereoorlog is sy sewende gepubliseerde boek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Martin+Bossenbroek\" class=\"contributor-link\"\u003eMartin Bossenbroek\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Martin Bossenbroek","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375400337571,"sku":"9781431410552","price":420.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431410552_20f71fcf-d222-4e06-b5b2-7585389b63f2.jpg?v=1776535995","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781431410552","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}