{"product_id":"9781431614028","title":"Max Lucado Kinderboek-Omnibus","description":"\u003cp\u003eDrie immergewilde Pinkenolsie-stories nou in een handige omnibus.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie omnibus bestaan uit drie boekies van die im­mer­ge­wilde Pinkenolsie. Dit bring 'n boodskap dat elke mens vir God spesiaal is omdat Hy elkeen uniek gemaak het. Dis 'n wonderlike geskenk wat kinders sal koester selfs wan­neer hulle al groot is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJy is spesiaal\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie Wemmels doen elke dag dieselfde ding: hulle plak óf goue sterre óf grys kolle op mekaar. Dié wat mooi en ta­lent­vol is, kry altyd goue sterre. Dié wat egter min kan doen of stukkende hout het, kry lelike kolle. Kinders sal mal wees daaroor om te sien hoe Eli vir Pinkenolsie oor­tuig dat hy baie spesiaal is, net soos hy is! So sal hulle be­sef dat hulle self ook kosbaar is vir God.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJy is myne\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie behoefte om “belangrik” te wees veroorsaak al weer chaos in Wemmeldorp. Pinkenolsie is natuurlik weer in die middel daarvan. Volg sy avontuur terwyl hy 'n les leer wat kinders altyd moet onthou: dis nie wat jy het wat jou kos­baar maak nie, maar die feit dat jy aan God behoort.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie heel beste\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer Alta Wonderlik in Wemmeldorp aankom, wil al­mal deel van haar klub wees. Pinkenolsie mag nie deel wees nie, want hy is van die verkeerde hout gemaak. Eli die houtsnyer wys vir Pinkenolsie dat hy baie spesiaal is omdat Eli hom gemaak het. Kinders sal besef hulle hoef nie soos iemand gewild te wees om spesiaal te wees nie. God het elkeen van ons met 'n doel gemaak soos ons is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOok beskikbaar in Engels onder die titel Max Lucado Children's omnibus.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eOOR DIE OUTEUR\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMax Lucado is met meer as 100 miljoen produkte in druk een van die gewildste outeurs in Amerika. Hy en sy vrou, Denalyn, bly in San Antonio, Texas, waar hy by die Oak Hills Church in die bediening is.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Max+Lucado\" class=\"contributor-link\"\u003eMax Lucado\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Max Lucado","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47377029300387,"sku":"9781431614028","price":169.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431614028_74c880da-25ff-4b50-ba53-246a1c408558.jpg?v=1776536648","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781431614028","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}