{"product_id":"9781431700974","title":"Alles Oor Suid-Afrika","description":"\u003cp\u003eAlles Oor Suid-Afrika is reeds sedert 1992 die mees omvattende naslaanboek vir Suid- Afrikaanse skoliere (en hul ouers!) wanneer hulle op soek is na inligting oor die land. Hierdie uitgawe - met hersiende en opgedateerde inhoud en fotografie - sal beslis sy status behou! Hierdie grootformaat-boek propvol kennis is hoogs visueel met volkleurfoto's, -kaarte en -illustrasies en die teks is maklik om te lees en te verstaan. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBykomende belangstelling word geprikkel deur brokkies inligting wat in teksboksies en verlengde opskrifte vervat word. Plekke om te besoek word ook aanbeveel en pas by die betrokke tema wat op die dubbelbladsy-uitleg bespreek word. Die teks is opgedeel in afdelings soos Lank, Lank Gelede; Die Mense; Die Kultuur; Die Gemeenskap; Wetenskap en Tegnologie; Die Ekonomie; Die Land; en Die Natuurlewe, wat elke aspek van Suid-Afrika dek.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Verskeie\" class=\"contributor-link\"\u003eVerskeie\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Verskeie","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375776415907,"sku":"9781431700974","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781431700974_596076c2-6292-4087-887f-f385c7f03d32.jpg?v=1776537121","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781431700974","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}