{"product_id":"9781432302573","title":"`n Liefde vir bak","description":"\u003cp\u003e'n Liefde vir bak is die eerste boek uit die pen van kosstilis van formaat, Sarah Dall. Sy was nog nooit een wat neigings slaafs navolg nie en het altyd 'n vars nuwe uitkyk - in plaas van rooifluweel-kolwyntjies, maak sy rooifluweelmakrolletjies.\u003cbr\u003eDie boek dek 'n groot verskeidenheid bakresepte en bevat alles vanaf koeke, kolwyntjies en nageregte, tot koekies, plaatgebak en selfs 'n hele hoofstuk oor lekkernye waaroor kinders mal is, soos goeie ou skurwejantjies.\u003cbr\u003eSarah neem skrikwekkende resepte soos makrolletjies en maak die metode nie slegs makliker nie, maar bied ook 'n nuwe kinkel in die resep - soos om 'n feestelike Kerskrans uit makrolletjies te maak!\u003cbr\u003e'n Liefde vir Bak is 'n pragtige boek wat nie net jou familie en geliefdes se magies sal vul en harte warm sal laat klop nie, maar enige iemand in 'n bobaas-bakker sal omskep!\u003cbr\u003eInhoud: Inleiding, Kombuiswenke, Kombuisgunstelinge, Soete verleidings, Gebak vir ontbyt, Eetgoed vir teetyd, Koeke, Somernageregte, Winternageregte, Iets vir na ete, Lekkernye vir die kleingoed, Kersfees, Omrekeningstabel, Indeks\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Sarah+Dall\" class=\"contributor-link\"\u003eSarah Dall\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Sarah Dall","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375554085027,"sku":"9781432302573","price":260.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781432302573_0fd2c60b-5fad-4865-85a6-e775d9c8b3a4.jpg?v=1776537658","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781432302573","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}