{"product_id":"9781432303549","title":"Gemaklik in jou eie lyf","description":"\u003cp\u003eLeandie du Randt is 'n gewilde jong Afrikaanse aktrise en ook 'n geregistreerde psigometris. Gemaklik in jou eie lyf het ontstaan uit haar passie om mense te help en uit haar eie ondervinding en dus het sy hierdie boek geskryf gemik daarop om jonger meisies te help om selfvertroue te ontwikkel en die beste weergawe van hulself te wees. \u003cbr\u003eDie boek is geskryf in gemaklike taal wat tieners sal verstaan, maar die boek bevat wysheid en lesse wat breër van toepassing kan wees.\u003cbr\u003eDie boek word as 'n drie-week-kursus aangebied met praktiese oefening aan die einde van elke dag. Die onderwerpe dek alle kwessies tieners sal raak, soos dwelm en alkoholmisbruik, groepsdruk, eetsteurnisse, liggaamsbeeld en dieper kwessies rondom gedagtes, innerlike selfvertroue en geestelike welstand. \u003cbr\u003eDie praktiese raad sal tienermeisies help om anders oor hulself te dink, om meer selfvertroue te kry en om mishandeling te hanteer en te rapporteer. Alhoewel daar 'n sterk geestelike boodskap is, 'preek' die outeur nie en maak sy dit duidelik dat die boek vir enige iemand is, wat ook al hul geloofsoortuiging.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eInhoud: Jou liggaam: Ontmoet jou liggaam; Liggaamsveranderinge; Likes \/ dislikes; Respekteer jou liggaam; Alkohol en dwelmmisbruik; Eetsteurnisse; Liggaamlike selfvertroue; Jou gedagtes: Leer ken jou gedagtes; Selfbewuswording; Vergifnis; Gesprekke met jouself; Die 'nou'; Jou perspektief; Gesonde denke; Jou siel: Identifi seer jou siel; Deur jou Skepper se oë; Vriendskap; Jou hart; Jou kop; Selfvertroue; Kwaliteittyd en dankbaarheid: Ten slotte: Erkennings: Bronnelys en nuttige hulpbronne: Kontakbesonderhede vir hulplyn en vrae.\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"book-contributors\"\u003e\n  \u003cp class=\"contributor-item\"\u003e\n    \u003cspan class=\"contributor-role\"\u003eAuthor\u003c\/span\u003e\n    \u003ca href=\"\/search?q=Author+Leandie+du+Randt\" class=\"contributor-link\"\u003eLeandie du Randt\u003c\/a\u003e\n  \u003c\/p\u003e\n\u003c\/div\u003e","brand":"Leandie du Randt","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47375675588771,"sku":"9781432303549","price":200.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0741\/7836\/3555\/files\/img_9781432303549_058fd371-614e-4110-b70a-275ea3580dc7.jpg?v=1776537725","url":"https:\/\/graffitibooks.co.za\/products\/9781432303549","provider":"Graffiti Books","version":"1.0","type":"link"}